Evert Potgieter



Volle naam en van Evert Frederik Potgieter
Gebore 13 Januarie 1799
Oorlede 26 April 1864
Lewensduur 65 jaar
Kode a1b1c7d7e5
Vader Evert F Potgieter
Moeder Aletta S Zondagh
Kinders

Stamboom
Verander profiel

Storie

Gedoop 23 Februarie 1800.

Beide e5 en sy vrou is in die dorps kerkhof op Utrecht begrawe. e5 het dertien kinders gehad wat volwasse geword het. Waarskynlink is daar kinders jonk dood.


e5 het omstreeks 1821 - 1824 verhuis na die Suurveld, gele렏os van die Sondagsriavier. Daar het hy hom gaan vestig by Olifantshoek op die plas Brakfontein. By Olifantshoek het 'n dorp onstaan wat die naam Alexandria gekry het. Die dorp is aangele gedeeltelik op Brakfontein op gront wat e5 aan die N.G. Kerk van Uitenhage geskenk het, om vir kerk en skool doeleindes gebruik te word. e5 en Carel P. Landman en Gert Rudolp het saam gehelp om die kerksaal en skoolgebou daar op te rig. Die gemeenskap is daar herhaaldelik deur Kaffer roof bendes aangeval. Daarom het hulle naby die skool en kerk vir hulle 'n put gegrawe waaromheen hulle laer getrek het tydens die aanvalle. Op Brakfontein het e5 vir hom 'n woonhuis gebou. In 1925 het hierdie huis nog bestaan en toe was dit 'n dbbel verdieping met 'n houttrap binne. Of dit van die begin af 'n dubbel verdieping was, is onbekend. Die huis is omstreeks 1930 heemtemaal gesloop Terwyl e5 daar gewoon het, het hy ook gedien as diaken. Die predikant van Uitenhage n.l. Ds. Alexander Smith, kom maar eenmaal in twee of drie maande die buitekerk-wys besoek.
Die dienste moes dan Sondae deur 'n ouderline of diaken gelei word. Landman, Rudolph en e5 het dit dan beurtelings gedoen.


In 1835 het e5 by die Groot-Trek aangesluit. Sy twee broers, n.l. Frederik Johannes (geb. 1786) en Matth?erhardus (geb. 1794) het ook in die Suurveld gewoon. Die ander broer Hermanus Jacobus (geb. 1797) was in Humansdorp omgewing woonagtig en daarom nie onderhewig aan al die skade van rowerye nie. Hy het nie weggetrek nie. Die oudste broer F.J. was sieklik en het nie kans gesien om die ontberings van die trek te dra nie. Die ander boer n.l. Matth?erhardus het eers na Natal getrek. Later nadat die Engelse Natal ingeneem he, het hy na Transvaal verhuis, waar sy nakomelinge hoofsaaklik in Marico se omgewing gewoon het.

'n Kleindogter van e5 n.l. Elsje Johanna de Kock gebore Groenewald, gebore te Pietermaritzburg 2.11.1842, het haar grootvader goed geken. Sy verkllaar dat e5 saam met Gerrit Maritz se trek was. Wanneer hy by Maritz se trek aangelsuit en of hy gedurende die hele trekperiode by MAritz se laer gebly het, is onbekend. Waarskynlik by een van die oorgange naaste an Geluksburg, want hy het hom later in die omgewing gaan vestig.

e5 sou saam met Retief se groep na Dingaan se kraal gaan, maar het die vorige nag erg aan tandpyn gely en daarom het by sy laer gebly (Dit is ook deur Elsje (Ellen") de Kock meegedeel)

e5 is met Pretorius kommando mee. Hy het dus die geveg by Bloedrivier meegemaak. By Bloedrivier was hy assistent laer kommandant. Hy het daardie plan beraam om sweepstokke rondom die laer in te plant en in die nag brandende lanterns daaraan te hang. Dit het verhoed dat die Kaffers in die donker die laer aanval. In die mistige weer van daardie nag het die Kaffer die lanterns se lig skynsels gesien en gedink dit is geeste wat die laer bewaak.


e5 was by toe die beendere van Retief en sy groep gevind is. DAarom kon hy later 'n be뤩gde verklaring teken dat die Retief-Dingaan traktaat daar in Retief se leertas gevind is.


Toe die Republiek Natalia tot rus gekom het, is aan al die Trekkers plase toegeken. Die eerste plaas wat aan e5 toegeken is, het hy die naam Uitkomst gegee. Dit is die plek waar Cato Ridge later onstaan het. Terwyl e5 op Uitkomst gewoon het, was hy ook lid van die Natalse Volksraad. Die jong staat was arm en het 200 riksdaalders by e5 geleen. Dit is later aan hom terug betaal. Uitkomst was aan die hoofpad tussen Pietermaritzburg en Port Natal gele뮠Volgens verordening van die Volksraad was daar 'n publieke uitspanning. So het dit gebeur dat reisigers se vee dikwels in die bewerkte lande gewei het en so skade veroorsaak het. Dit was waarskynlik die hoofrede waarom e5 die plaas later aan George Cato van Durban verkoop het.


Toe Engelse troepe gestuur is om Natal in te neem, onder pretensie dat dit gedoen moet word om die Kaffers teen die Boere te beskerm, toe het e5 ook deelgeneem aan die gevegte by Port Natal.
Natal Natal deur die Engelse ingeneem is het e5 op sy plaas bly woon.
Hy het Engelse besetting nie goedgekeur nie maar dit gelate verdra. Hy het kennis gemaak met die Engele ho렫ommissaris n.l. sir Henry Cloete en hom van raad bedien. Toe die Amerikaanse sendeling Eerwaarde Daniel Lindley, die Voortrekkers se predikant geword het, was e5 'n groot vriend van hom en 'n ouderling op P.M. Burg.
e5 was bv. doopgetuie vir Eerw. Lindley se seun Daniel Allen op 8.6.1845. e5 het ook met ander Engelse vriende gemaak. So bv. was Dr. Newton Adams en vrou, swel as Eerw. Lindley en vrou die doopgetuies by die doop van sy seun Benjamin Joseph, geb. 31 Aug. 1942. Die Engelse bewin het al dadelik probleme ondervind met die toestroming van Kaffers uit alle oorde en wat gaan woon het net waar hulle wou. 'n Kommissie is aangestel om die saak te ondersoek en e5 het ook by hulle getuienis afgel꠶an welke dele onbewoon was toe die Voortrekkers Natal binne gekom het. Juis hierdie kwessie met Kaffers het ons mense wat aanvaklik in Natal wou bly woon, genoodsaak om weg te trek na Transvaal en O.V.S.


Die Engelse owerheid het ook 'n kommissie aangestel om titelregte op plaaseiendomme na te gaan. Hulle rapporte is te vind in die staatsargief P.M.Burg o.a. by Seksie I/4; I/5; II/3 Daarvolgens het e5 tussen 1839 en 1843 die volgende plase gehad: Uitkomst tussen Umgenie en Umlaasrivier; grensend hieraan die plaas Buffelsfontein (ook bekkend as Rietvallei); nog 'n plaas Groote Draai(waar is dit?) nog 'n plaas de Kafferkraal, gele렯nder Biggarsberg; nog 'n plaas by die Umzinkulu (by Commissiedrif) met die naam: De Eeerste Spruit; nog 'n plaas aan die duskant van die Umzumkulu met die naam: De Groote Hoek; nog 'n plaas n.l. Kafferdrift (aan die ander kant van die Tugela); nog 'n plaas: Deel Drift gele렡an of naby die Klein Tugela.


Behalwe die bogenoemde sewe plase het e5 'n paar plase aangemeld as behorende tot sy kinders. Vir sy oudste dogter Magdalena Susanna Aletta, die weduwee van Jacobus Groenewald, 'n plaas (sonder naam) aan die bopunt van die Sterkspruit, wat deur haar oorlede man in 1842 aangekoop is.


Vir die oudste seun het e5 n.l. Evert Frederik (geb. 1824) die plaas Alewee kop gele렡an de Zoete-Melksrivier op Imbesa.


Vir sy tweede oudste seun n.l. Johannes Marthinus (geb. 1826) die plaas Doornrug gele렴ussen Umlaas en Klein Boesmansriviere - nie ver van die plaas Uitkomst nie. En nog 'n plaas vir Joh. Mar. sonde 'n naam, gele렴ussen die Umlaas en Umgenie. Dit is 'n oop stuk grond tussen die plase van J.H. de Beer, Jurie Potgieter, W. Maree en Nell.


Volgens oorlewering het e5 in 1844 of 1845 gaan woon by of naby Saailaer in die omgewing van die teenswoordige Estcourt. Op welke plaas hy hier gewoon het, en vir hoe lank is onbekend. Toe het hy weer verhuis na 'n plaas in die teenswoordige Winterton distrik.


Welke plaas? Was dit nie dalk Deeldrift no. 1139 nie? Julle jong k겥ls, stel dit van by die Akteskantoor op P.M.Burg. Skynbaar het al die seuns hier nog saam met hulle vader gewoon.


Later (wanneer?) verhuis e5 na die plaas Klipplaatsfontein No. 1235. Ook hierheen het sy seuns saam met hom verhuis, behalwe sy derde seun n.l. Frederik Johannes geb. 23 Jan. 1828. Hy het toe op sy eie plaas: Krommellenboog gaan woon. Die huis wat hy daar gebou het staan nog, maar word nie meer bewoon nie. Die plaas behoort nou aan sy agter-kleindogter, mev. Elsie Scheepers wat nou daar woon.


Die huis en werf waar e5 gewoon het is nou bekend as Cross Roads Farm en word tans bewoon deur mnr. Doidge. Die huis van e5 staan nog maar is verander en vergroot. Doidge woon daarin. Hierdie inligting kom van e5 se agter kleinseun F.J. Bester (geb. Sept. 1895) seun van Gesina D. Potgieter, dogter van F.J. Potgieter die seun van e5.


Namate e5 se seuns ouer geword het het hulle op plase in die omgewing gaan woon. Sommige van hierdie plase was: Smaldeel, Overwent, Molottoskraal, Oppermanskraal, Rietfontein, Rooihoek, Mooihoek, Bestersvlei, Deelspruit, Badenhorstvallei, Schoonspruit by Geluksburg. Ook die plek vandag bekend as Coventry by Acton Homes.


In hierdie omgewing het e5 bly woon tot 1859. Toe het hy verhuis na Utrecht. Al sy seuns het ook na Utrecht distrik gegaan, behalwe twee, n.l. e5f4 Johannes Marthinus Potgieter(1826) woon op Rietfontein; en e5f5 Frederik Johannes (1828) op Kromellenboog.


Die kinders van e5 was:


  • e5f1 Magdalena Susanna Aletta (31.10.1820)

    X Jacobus Groenewald oorlede in 1843

    XX Coenraad Frederik Me?
  • e5f2 Aletta Susanna (23.6.1822)

    X Frederik Johannes de Jager

    XX Cornelis Brink (V.zn.) geb. ? 1830

    XXX Maritz

    Sy had geen kinders.
  • e5f3 Evert Frederik (13.3.1824)

    X Susanna Sophya van Roo?BR>
    In sommige opgawes is sy: Susanna Maria
  • e5f4 Johannes Marthinus Potgieter (1826)

    X Susanna Engela Odendal

    XX Martha Maria Landman

    XXX Alida Aletta van den Berg
  • e5f5 Frederik Johannes (23.1.1828)

    X Gesina Dorathea Engelbrecht
  • e5f6 Coenraad Johannes Abraham (15.1.1830)
  • e5f7 Matth?erhardus (16.9.1831)

    Niks verder van hom bekend nie.
  • e5f8 Hermanus Jacobus Potgieter (1833)

    X Johanna Maria Davel

    XX Die weduwee Bezuidenhout, gebore Elizabeth Catharina Adriana Louw

    XXX Die weduwee Naude, voorheen die weduwee hofstede, gebore Magdalena Johanina Potgieter.


e5f8 en sy eerste vrou is die grootouers van die opsteller hiervan [e5f8g11h1 Hermanus Jacobus Potgieter (1905)].


  • e5f9 Elsje Catharina Wilhelmina Johanna Marthina

    geb. 13.5.1835. Genoem "Johanna".

    X Jacobus Frederik Potgieter ("Swart Koos")

    die seun van Hans Jury Potgieter.
  • e5f10 Anna Sarelina (9.3.1837) Haar tweede naam is vernoem na Sarel Cilliers die ouderling en Voortrekker leier. Sy is gedurende die Trek gebore, en toe op 26.1.1840
    op P.M.Burg deur Eerw. D. Lindley gedoop.

    X Pieter du Plessis van Harrismith distrik.
  • e5f11 Johannes Abraham (18.5.1840). Hy het in die Engelse oorlog gesneuwel en is begrawe op die plaas Gravesrust naby Amersfoort.

    X Getriuda Jacobus Grobler.
  • e5f12 Benjamin Joseph (31.8.1842)

    X Maria Elizabeth v. Roo?
  • e5f13 Tabitha Lydia (25.1.1844)

    X Marthinus Stephanus Ferreira

    XX John Peter Eduard Faure Changuion


Die f geslag, d.w.s. e5 se kinders het later verspreid gewoon in die huidige distrikte van Bergville, Ladysmith, Vryheid, Utrecht en Paulpietersburg. Miskien het hulle mekaar selde of dalk glad nie weer gesien nie. Maar hulle het mekaar nie vergeet nie. Dit blyk uit die doopregisters, waar die kinders vernoem is na hulle ouers se broers en susters en hulle mekaar oor en weer benoem het as doopgetuies van die jonger geslag. Op die oorlogs-gedenk monumente te Vryheid en Utrecht kom heelwat Potgieter name voor. 'n Aantal van hulle was direkte afstammelinge van e5.

Media

Media geassosieer met die persoon.