Johannes Potgieter



Volle naam en van Johannes Marthinus Potgieter
Gebore 10 Mei 1826
Oorlede 10 Februarie 1893
Lewensduur 67 jaar
Kode a1b1c7d7e5f4
Vader Evert F Potgieter
Moeder Elsje JM Scheepers
Kinders

Stamboom
Verander profiel

Storie

Johannes Marthinus Potgieter(1826) met die bynaam "Dik Martiens" is gebore op Brakfontein, by Olifantshoek (nou Alexandria) en op Uitenhage gedoop.
yyGebore 1 Mei 1826 Uitenhage D. reg.
yyOorlede 1 Feb. 1893 op Rietfontein en daar in die plaas kerkhof begrawe.

e5f4 is vir die eerste maal getroud met Susanna Engela Odendal(1829) volgens die Doop Reg. P.M.Burg.
Sy is die dogter van en . Sy is op Uitenhage gedoop op 13.10.1829.
Die eerste vrou se kinders was:



Johannes Marthinus Potgieter(1826) heet na sy moeder se vader, n.l. na Johannes Marthinus Scheepers(1780). Hy het eers gewoon naby die Gamtoos rivier, in die teenswoordige distrik van Humansdorp.
In 1816 verhuis hy na die Suurveld en gee sy plaas die naam van Melkhouteboom. In 1820 verkoop hy die plaas aan sy swaer, die latere kommandant Carel Pieter Landman. Toe gaan woon hy op 'n ander plaas in die Suurveld, met die naam Weltevreden. Die plaas Melkhouteboom is sowat 5 myl van die teenswoordige dorp Alexandria.

J.M. Scheepers was getroud met Magdalena Landman, 'n veel ouer suster van kom. Cp. Landman. Hulle tweede dogter Elsje Johanna Marthina Scheepers was getroud met Evert Frederik Potgieter(1799). Hy het gewoon op die plaas brakfontein sowat 1y myl van Alexandria.

e5f4 is vir die tweede maal getroud met Martha Maria Landman gedoop 11.2.1825 die dogter van kom. C.P. Landman en sy vrou Agatha Jacomina Meyer. e5f4 trou dus met sy moeder se niggie. Uit hierdie huwelik is drie kinders gebore, n.l.


  • e5f4g3 Carel Pieter gebore 10.5.1854. Hy heet na sy moeder se vader. Hy was getroud met 'n n^oi Roux. Hy het geboer op die plaas Schoonspruit. Gedurende die Tweede Engelse oorlog in 1901 het hy na die Vrystaat verhuis. Die ou mense by Geluksburg s^e hulle het daarna nooit weer iets van hom verneem nie. Daar was egter 'n gerug dat hy nog voor die einde van die oorlog oorlede is.

  • e5f4g4 Marthinus Johannes geb. 27.12.1855. Sy bynaam was Tjoek. Hy heet na sy pa met die name se volgorde omgekeer, om dat sy pa alom op die tweede naam bekend was, n.l. as "Martiens."

    Hy trou met Petronella Me"yer (bekend as "Pieta"). Hy woon eers op die plaas Rietvlei by Geluksburg. Later op 'n plaas tussen Harrismith en Warden. Daar is hy ook oorlede. Drie van sy kinders was: Annie; Pieta; Martha.

  • e5f4g5 Agatha Jacomina (volgens die Ladysmith Doop R.) Grafsteen is onduidelik. Gebore 25.5.1858 Oorlede in 1889 of 1881. Volgens haar grafsteen in die plaas kerkhof op Rietfontein, het sy drie voorname gehad, n.l. Agatha Jacoba Jacomina. Sy is vernoem na haar ouma Agatha Jacomina Landman gebore Me"yer.

    Sy was getroud met Jacobus Nicolaas Scheepers. Hulle het gewoon op die plaas Rooihoek. Na haar dood is haar man hertroud met Elizabeth Magdalena Lombard. Een van die tweede vrou se kinders was Christoffel Johannes Scheepers, wat in Nov. 1976 hoog bejaard nog op Geluksburg gewoon het.



e5f4 is vir die derde maal getroud met Alida Aletta van den Berg(1852) 17.7.1852 - 25.8.1912]]. Sy is ter ruste gel^e in die plaas kerkhof op Rietfontein. Daar is 'n steen op haar graf. Sy was 26 jaar jonger as haar man. Op 25.6.1891 maak sy en jaar man 'n testament. Daarin word haar van aangedui as: van den Berg. Dit is die korrekte naamval en erkende spelling. Volgens hierdie testament was toe in hulle besit: Venters Spruit groot 2225 akkers Afdeling C van Oppermans Kraal, groot 55 akkers.
e5f4 en sy derde vrou het vyf kinders gehad.


  • e5f4g6 Evert Frederik Potgieter(1884) 24.2.1884 - 1.10.1949. Hy dra dieselfde naam as sy oorlede halwe broer e5f4g1, en is dus vernoem na sy grootvader e5. Gebore op Rietfontein en begrawe op Standdeel, waar hy gewoon het. Op latere leeftyd tree hy in die huwelik met sy jonger broer Abraham se weduwee. Sy is Margaretha Josephina Janse van Rensburg(1901), die dogter van Hendrik Jacobus J.v.Rensburg en Emmarentia Johanna Duminy. Hulle het gewoon op die plaas Wonderfontein tussen Heilbron en Reitz. Sy is gebore op 3.9.1901 in die konsentrasie kamp te Heilbron. Grootouer van i2 Elizabeth van den Berg.

  • e5f4g7 Elizabeth Magdalena Jacoba Potgieter, gebore 21 Junie 1886.

  • e5f4g8 Jacobus Johannes gebore 6 April 1888. Hy is in die konsentrasie kamp by Pietermaritzburg oorlede op 1.6.1903 aan long ontsteking. Dit is waarskynlik dat hy sy moeder se vader se naam gehad het.

  • e5f4g9 Abraham Hermaus gebore 1 April 1890. Hy gehuud met Margaretha Josephina Janse van Rensburg(1901). Op haar aandrang verkoop hy sy erfgrond Bestersvlei naby Acton Homes en gaan woon op 'n lpaas naby Petrus Ste"yn. Daar op Swartfontein is hy oorlede en begrawe. Een dogter uit hierdie huwelik n.l. Emmarentia Johanna 'Tokkie' (15.9.1920) X Marthinus Gerhardus Labuschagne.

  • e5f4g10 Hendrik Stephanus op 27 Januarie 1892 gebore op Rietfontein. Oorlede 28 Augustus 1937 op Rietfontein en daar begrawe. Daar is 'n steen op sy graf.
    X Jacoba Elizabeth Pienaar. Een van hul kinders was
    Marthinus Johannes X Maria de Villiers.



Na e5f4 se dood is sy derde vrou weer hertroud met Lukas Petrus Groenewald, van Harrismith. Slegs een kind uit hierdie huwelik, n.l. Sophya (bekend as "Baby"). Sy trou (1) Benjamin Matthys Janse v. Rensburg en (2) Daniel ("Daan") Joubert.
Op 10 Okt. 1976 is sy 81 jaar oud.

Op 13.5.1913 word in hulle boedel rekening die o.g. vaste eiendomme gemeld.
Badenhorst Vlei, aan Venters Spruit groot 2225 akkers.
Rem, onderverdeling C Oppermanskraal groot 55 akkers.
Onderverdeling B, Klipplaatsfontein groot 745 akkers.
Almal waardeer teen y1.10.0 per akker. Totale waarde y4537.10.0
Van los goed word geen melding gemaak nie. Hierdie vaste eiendom word nagelaat aan die kinders van die derde vrou. Volgens die testament erf die derde vrou die helfte van al die losgoed. Die ander helfte van die losgoed word gelyk verdeel onder die kinders uit al drie huwelike.


-Notas van Herman J. Potgieter, opgestel 1977

Media

Media geassosieer met die persoon.