Opsomming van die Potgieter voorgeslag

Inleiding

Dit is byna nutteloos om 'n persoon se volle voorgeslag vas te stel. Wanneer iemand troue, veroorsaak hy/sy dat al die nageslagte daardie gene erf. Daarom is dit nutteloos om te se dat wanneer 'n persoon 'n Potgieter is, die Potgieter voorgeslag 'n groot betekenis vir die persoon het, daardie persoon se moeder het dan mos 'n gelyke effek op die persoon se gene.

Alle persoon dra die kenmerke van ons voorbeeld Potgieter, hulle pa's het dalk daardie van, maar die vrou in die huwelik het 'n ander van maar dra net so veel by tot die persoon se gene. Omdat elke persoon 'n pa en 'n ma het, is die ontleding prosses wederkerend en strek na die pa, sy pa en ma, hulle pa's en ma's, ens.

Die rede waarom ons hierdie opsomming hier dan vandag vir u beskikbaar stel, is bloot omdat Elsab'e se skoonbroer Evert se pa, Herman, 'n dokument opgestel het waar hy die genealogie van die Potgieters vasgestel het, en daardeur vir ons uitgewys het hoe ons in hierdie "prentjie" pas. Die opsomming volg nou, en elkeen het 'n bystaande skakel waar jy kan gaan kyk(kliek op die persoon se naam) na die volle profiel van die persoon.

Indien u wil gaan kyk na die volle profiele van elke mens op 'n gerieflike wyse, gaan na die profiel van Herman Potgieter Daar is 'n skakel in elke persoon se profiel wat wys na sy kind daarom kan jy net voortdurend op die skakels druk tot jy by die jongste generasie uitkom.

Opsommings

Ons begin by Herman Potgieter. Al wat bekend is dusver is dat hy en sy vrou Schwenne Lodden gebly het in of by die stadjie Nordhorn in Wesfale, 'n deel van Duitsland wat aan Nederland grens. Een van hulle kinders was a1 Harmen Janzoon Potgieter*

a1 Harmen Janzoon Potgieter(1635) het as boukneg in diens getree by die V.O.C. en was Kaap toe gestuur. Hy het daar in, of voor 1665 aangekom. Ergens tussen 1665 en 1685 het hy 'n vryburger geword en gewerk as boumeester en grofsmid. In 'n tekening van E. van Staden in 1710, is sy woonhuiis en buitegebou duidelik te sien. As a1 nog in 1710 gelewe het moes hoe toe al 75 jaar oud gewees het. Hy trou op 8.5.1672 met Isabella Frederiks, hulle het sewe kinders gehad. Een van hulle kinders was b1 Johannes Potgieter.

Na die dood van b1 Johannes Potgieter se eerste vrou trou hy op 18.2.1714 met Maria Catharina van Eeden. b1 het die binneland in getrek en was 'n jagter en vee handelaar. Hulle sewende kind was Frederik Potgieter

c7 Frederik Potgieter() het eers op die plaas Goedegeloof geboer, maar het toe aansoek gedoen om die plaas Welgelegen. Die plaas word teenswoordig Sandfontein gewoon en die ou huis is in 1974 bewoon deur die weduwee Marais. X op 2.6.1748 met Eva Catharina Kriel, hulle sewende kind was Evert Frederik Potgieter.

d7 Evert Frederik Potgieter het vermoedelik in die omgewing van Humansdorp gewoon, want na d7 se dood is sy weduwee hertroud met Izaak Me"yer. Die Me"yers is 'n bekende familie by Humansdorp.

Beide e5 Evert Frederik Potgieter(1760) en sy vrou Elsje Johanna Martina Scheepers is in die dorps kerkhof op Utrecht begrawe. e5 het dertien kinders gehad wat volwasse geword het. Waarskynlik is daar kinders jonk dood. e5 het in 1836 by die Groot-Trek aangesluit. e5 sou saam met Retief se groep na Dingaan se kraal gaan, maar het die vorige nag erg aan tandpyn gely en daarom het hy by sy laer gebly. Hy was by toe die beendere van Retief en sy groep gevind is.

f4 Johannes Marthinus Potgieter met die bynaam "Dik Martiens" is gebore 1 Mei 1826 op Brakfontein, by Olifantshoek(nou Alexandria). f4 is vir die derde maal getroud met Alida Aletta van den Berg 17.7.1852 - 25.8.1912. f4 en sy derde vrou het 3 vyf kinders gehad. Een van hulle was Evert Frederik Potgieter.

g6 Evert Frederik Potgieter(1884) dra dieselfde naam as sy oorlede halwe broer g1. Gebore op Rietfontein en begrawe op Standdeel, waar hy gewwon het. Op latere leeftyd tree hy in die huwelik met sy jonger broer Abraham se weduwee. Sy is Margaretha Josephina Janse van Rensburg(1901), die dogter van Emmarentia Johanna Duminy. Een van hulle kinders was h3 Magrietha Josephina Potgieter

Hierdie is dan die einde van ons Potgieter bloedlyn. Magrietha is Elsab'e se ma, en omdat sy 'n vrou is kan ons se dat die Potgieter naam by Magrietha gestop het. Maar, Magrietha se kind, wat bekend staan as 'Marietha', het getrou met 'n Potgieter, nl. Evert Phillipus Potgieter.

Notas

Hierdie opsommings is verwerk uit Herman Johannes ('Hermie') Potgieter se aantekeninge wat in 1979 saamgestel is. Die navorsing strek egter so ver terug as 1974.

* Let asseblief op dat die kodes vir die Potgieter stamboom begin by Harmen Janzoon Potgieter en nie Herman Potgieter nie, omdat Harmen die eerste Potgieter in Suid-Afrika was. Hierdie kode word o.a. in die De Villiers-Palma boek gevind asook talle bronne van Potgieter genealogie op die internet.