Johannes Potgieter



Volle naam en van Johannes Marthinus Potgieter
Gebore 31 Februarie 1851
Oorlede 19 Julie 1919
Lewensduur 68 jaar
Kode a1b1c7d7e5f4g2
Vader Johannes M 'Dik Martiens' Potgieter
Moeder Alida A van den Berg

Stamboom
Verander profiel

Storie

Van e5f4g2 weet ons meer. Volgens die byvoegesel tot sy vader se testament van 20.3.1882, erf hy y 1000 acres grond synde 'n gedeelte van die plaas Schoonspruit, waar die dorpie Geluksburg tans is. In sy familiekring was hy bekend as "Boet Johaans" en die bure het hom genoem "Lang Johaans Potgieter". Hy het sy eie moeder nooit geken nie, want sy is oorlede by, of net kort na sy geboorte (Inligting Christoffel Johannes Scheepers, inwoner van Geluksburg. Hy hoogbejaard in 1976 maar nog helder van denke.)

e5f4g2 is op Ladysmith deur Ds. John Carter in die huwelik bevestig op 5 Des. 1970 met Maria Catharina Margaretha Potgieter gebore 25.10.1953 op Kleinfontein, in die distrik Ladysmith. Dit is die plaas wat nou Johannesrust genoem word. Daar woon in 1977 die weduwee Susanna Boshoff en haar seun mnr. Jaap Boshoff.

Maria C.M. Potgieter was die dogter van Johannes Hermanus Potgieter geb. in 1818 Oorl 25.9.1896 en van Isabella Aletta Elizabeth Lombard gebore 8.9.1820. Oorl. 6.3.1901.
(Gegewens van grafstene in kerkhof op Kleinfontein en uit P.M.Burg Doop-register by Meimaand 1841.)

e5f4g2 se woonhuis het gestaan omtrent 200 tree vanaf die teenswoordige kerkhof van Geluksburg, in die rigting an die dorp. Die gewese werf is toegegroi met populier bome. Daar groei nog lemoen en/of suurlemoen bome waar die werf was. Die huis is in die tweede Engelse oorlog afgebrand, want e5f4g2 en sy oudste lewende seun, n.l. Johannes Hermanus het by die Vrystaatse Boere magte aangesluit. Toe die Engelse se mag te sterk geword het, moes die Boere na die Vrystaat toe padgee. e5f4g2 se vrou en kinders is per ossewa saam. Na die oorlog het e5f4g2 weer op Geluksburg gaan woon en vir hom 'n nuwe huis gebou veel nader na die spruit se kant toe Die reste van hierdie huis staan nog daar. Hy is daar oorlede op 19.7.1919.

Nota. Om een of ander onbekende rede het e5f4g2 nie sy geboorte-jaar geken nie. Volgens die grafsteen is hy gebore op 31.12.1851. Toe hy ion Des. 1870 in die huwelik getree het verklaar hy dat hy 20 jaar oud is. In werklikheid was hy toe 19 jaar oud, d.w.s. as 1851 sy geboorte jaar was. Maar die inskrywing in die P.M.Burg doopregister meld duidelik dat sy geboorte datum 31.12.1848 was. Sy doopgetuies was sy oupa en ouma Potgieter, en sy pa se oudste suster n.l. Magdalena S.A. en haar tweede man n.l. Coenraad Frederik Meyer.

Na e5f4g2 se dood het sy weduwee ook 'n tyd lank by haar seun Johannes Hermanus op die plaas Zion, naby Danielsrust, O.V.S. gaan inwoon. Daar is sy op 5.2.1930 oorlede en in die plaaskerkhof begrawe.

e5f4g2 se kinders was:


  • Aletta Isabella oorlede op 18 jaar.
  • Anna Maria X Izak Landman.
  • Johannes Marthinus oorlede op 6 maande.
  • Johanna Catharina X Jurrie Potgieter
  • Susanna Engela (Sy heet na haar vader se moeder)
    X Philippus Lodewikus Moolman
  • Maria Catharina. Sy het in die huis op Geluksburg gewoon, waar mnr. H.A.(?) Potgieter (van Harrismith distrik) nou inwoon.
    'n Tragiese geburtenis het die lewe van hierdie vrou getref. Sy is eers gretroud met Cornelius Koster. Hy het in die loop van die Engelse oorlog verdwyn. Omdat vir 'n baie lang tyd niks van hom verneem is nie, is hy toe as dood verklaar. Die vrou tree toe weer in die huwelik met 'n afgetrede landdros, n.l. Andris Petrus Cronje, van Netherby, by Witzieshoek. Na verloop van tyd maak die verdwene Koster weer sy verskyning en kom by sy vrou inwoon. Waar Koster al die tyd was en of hy aan geheue verlies gely het, is onseker. Die gevolg was dat die vrou toe met twee mans moes saamleef. Sy het kinders van beide mans gehad. Later het Cronje weggetrek en Koster en die vrou het elders geen verhuis. 'n Hele aantal van die ouer mense op Geluksburg weet van hierdie gebeurtenis maar oor die besonderherde is hulle vaag.
  • Frederika X Jan Hendrik Potgieter
  • Johannes HJermanus geb. 4.2.1881 oorl. 13.4.1936
    X Hester Jacoba Cilliers
    Na die oorlog vestig hy hom op die plaas Zion, naby Danielsrust. Hy begin baie arm en met min goed. Deur harde werk en verstandige boerdery word hy een van die belangrikste boere in Bethlehem distrik. Hy was 'n opregte Christen en die Here het hom gese"en.
    Hy het in verskillende rade gedien e was afgevaardigde ouderling van Bethlehem gemeente na 'n Sinode op Bloemfontein. Hy was 'n ondersteuner van genl. Botha en genl. Smuts sy hele lewe lank.
  • Elsje Johanna X Leendert Johannes Joubert. Hulle het op verskillende plekke in die Vrystaat geboer.
  • Agatha Jacomina X Frederik Johannes Potgieter
  • Gesina Dorathia X Machiel Coetzee.
  • Johannes Marthinus X Maria Elizabeth Papenfus.
    Hy boer op die plaas Mosbank in Bethlehem distrik.
  • Tabitha ("Baby") X Daniel Johannes Potgieter
  • Petrus Christoffel geb. 8.12.1894 oorlede 10.11.1962.
    X Miemie de Villiers. Hy woon op Holfontein naby Reitz.
  • Aletta Isabella X Daniel Joachem Akkerman.

Media

Media geassosieer met die persoon.