Artikels
| Kode |
y |
| Kategorie |
Nie gespesifiseerd |
| Datum begin |
Nie gespesifiseerd |
| Datum einde |
Nie gespesifiseerd |
| Oplaai na webwerf/publiek |
 |
Beskrywing
Versameling van foto's van geskiedkundige artikels.
Dokumente
 |
Kyk dokumente:
Ikone
|
Grootfoto's |
Lys
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Tokkie se man Martiens het hierdie lamp gemaak. Die houtbol in die middel het hy van 'n boom se pit gemaak. Die armpies en skermpies het hy by 'n tweedehandse winkel raakgeloop. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Hierdie serfyn het aan oupa Henning se familie behoort. Dit het baie jare gelede met die trein van Rouxville af tot op Ladysmith gekom. Vandaar het dit met die sleepwa agter die bus tot op Acton Homes gekom. Vandaar het Oupa-hulle dit met die sleë geneem tot op Standdeel. Dit is nog in goeie werkende toestand. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Dit was oupa Henning se verkyker. Hy het altyd die rante dopgehou om te sien of daar nie onwettige jagters met hulle honde op die plaas rondgeloop het nie. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Lina Lombard het hierdie stelletjie vir Magrietha gegee. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Hierdie outydste eetstel kom ook van Lina Lombard af. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Hierdie bord is die enigste een wat oorgebly het van die borde wat ouma Max en oupa Evert op Standdeel gebruik het. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
'n Ou eikehoutbank. Oorspronklik het die sitplek nog staalvere en klapperhaar ingehad. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Hierdie rystoel kom van ouma Max se laaste man oupa Nel af. Die oorspronklike draadsitplek is nog perfek. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Kobus het in 1972 die beker gekry by die Ladysmith Hoërskool vir sy akademiese prestasies. Hy was die Dux-leerling. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Hierdie ronde bol het Tokkie vir Elsabé gegee. Dit is baie oud. Jy kan dit oopmaak, vol water gooi en 'n blom binne-in sit. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Ouma van den Berg(c1) het hierdie koperblaar vir Elsabé gegee omdat sy na haar vernoem is(Elisabeth Jacomina). |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Tokkie saam met haar pop Dolsie. Sy en Lida Bester het elkeen so 'n pop gekry toe hulle vyf jaar oud was in 1925. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Sarel het hierdie pottebakkers-pot gemaak toe sy ma lesse vir kinders gegee het. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Andries (Hennie se pa) het hierdie houtraam en houteier gemaak in Ceylon tydens die Boere-oorlog toe hulle krygsgevangenis daar was. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Sarel en Henning het hierdie goedjies gemaak. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Ouma Max is in 1901 in 'n konsenstrasiekamp gebore en iemand daar het hierdie stoeltjie vir haar gegee. Dit staan nou in Evert en Marietha se huis. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Die bank het saam met die 1820-setlaars op 'n skip gekom. Dit het behoort aan ouma Max se broer Hendru van Rensburg. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
Die bandolier(links) en die kruitvat(middel) wat gebruik is om buskruit in te bêre kom uit die Voortrekkertyd en is nou by Evert en Marietha. |
|
|
|
|
 |
|
|
'n Borsspeld wat ouma Max gedra het. |
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
'n Ou Huisgenoot wat die tydskrif se 50ste verjaarsdag herdenk met 'n spesiale uitgawe. Die tydskrif is baie groter as vandag se Huisgenoot. |
|
|