Artikels

Kode y
Kategorie Nie gespesifiseerd
Datum begin Nie gespesifiseerd
Datum einde Nie gespesifiseerd
Oplaai na webwerf/publiek

Beskrywing

Versameling van foto's van geskiedkundige artikels.

Soek media binne hierdie album
Verander album
Verwyder

Dokumente

Kyk dokumente: Ikone | Grootfoto's | Lys

Dokumente 1 tot 34

Gaan na dokument #


y1
Geneem: 28 Mei 2002
 
Tokkie se man Martiens het hierdie lamp gemaak. Die houtbol in die middel het hy van 'n boom se pit gemaak. Die armpies en skermpies het hy by 'n tweedehandse winkel raakgeloop.

y2
Geneem: 28 Mei 2002
 
Hierdie serfyn het aan oupa Henning se familie behoort. Dit het baie jare gelede met die trein van Rouxville af tot op Ladysmith gekom. Vandaar het dit met die sleepwa agter die bus tot op Acton Homes gekom. Vandaar het Oupa-hulle dit met die sleë geneem tot op Standdeel. Dit is nog in goeie werkende toestand.

y3
Geneem: 28 Mei 2002
 
Dit was oupa Henning se verkyker. Hy het altyd die rante dopgehou om te sien of daar nie onwettige jagters met hulle honde op die plaas rondgeloop het nie.

y4
Geneem: 28 Mei 2002
 
Lina Lombard het hierdie stelletjie vir Magrietha gegee.

y5
Geneem: 28 Mei 2002
 
?

y6
Geneem: 28 Mei 2002
 
Hierdie outydste eetstel kom ook van Lina Lombard af.

y7
Geneem: 28 Mei 2002
 
Hierdie bord is die enigste een wat oorgebly het van die borde wat ouma Max en oupa Evert op Standdeel gebruik het.

y8
Geneem: 28 Mei 2002
 
'n Ou eikehoutbank. Oorspronklik het die sitplek nog staalvere en klapperhaar ingehad.

y9
Geneem: 28 Mei 2002
 
Hierdie rystoel kom van ouma Max se laaste man oupa Nel af. Die oorspronklike draadsitplek is nog perfek.

y10
Geneem: 28 Mei 2002
 
Kobus het in 1972 die beker gekry by die Ladysmith Hoërskool vir sy akademiese prestasies. Hy was die Dux-leerling.

y11
Geneem: 28 Mei 2002
 
Hierdie ronde bol het Tokkie vir Elsabé gegee. Dit is baie oud. Jy kan dit oopmaak, vol water gooi en 'n blom binne-in sit.

y12
Geneem: 4 Junie 2002
 
Ouma van den Berg(c1) het hierdie koperblaar vir Elsabé gegee omdat sy na haar vernoem is(Elisabeth Jacomina).

y13
Geneem: 1 Januarie 2003
 
Tokkie saam met haar pop Dolsie. Sy en Lida Bester het elkeen so 'n pop gekry toe hulle vyf jaar oud was in 1925.

y14
Geneem: 7 Januarie 2003
 
Sarel het hierdie pottebakkers-pot gemaak toe sy ma lesse vir kinders gegee het.

y15
Geneem: 20 Mei 2003
 
Andries (Hennie se pa) het hierdie houtraam en houteier gemaak in Ceylon tydens die Boere-oorlog toe hulle krygsgevangenis daar was.

y16
Geneem: 6 September 2003
 
Sarel en Henning het hierdie goedjies gemaak.

y17
Geneem: 6 September 2003
 
Ouma Max is in 1901 in 'n konsenstrasiekamp gebore en iemand daar het hierdie stoeltjie vir haar gegee. Dit staan nou in Evert en Marietha se huis.

y18
Geneem: 5 September 2003
 
Die bank het saam met die 1820-setlaars op 'n skip gekom. Dit het behoort aan ouma Max se broer Hendru van Rensburg.

y19
Geneem: 6 September 2003
 
Die bandolier(links) en die kruitvat(middel) wat gebruik is om buskruit in te bêre kom uit die Voortrekkertyd en is nou by Evert en Marietha.

y20
 
'n Borsspeld wat ouma Max gedra het.

y21
 

y22
 

y23
 

y24
 

y25
 

y26
 

y27
 

y28
 

y29
 

y30
 

y31
 

y32
 

y33
 

y34
Geneem: 8 Augustus 2003
 
'n Ou Huisgenoot wat die tydskrif se 50ste verjaarsdag herdenk met 'n spesiale uitgawe. Die tydskrif is baie groter as vandag se Huisgenoot.

Gaan na dokument #


Vorige album in die databasis: #387/w Jacobus Volgende album in die databasis: #389/z Los foto's