Frederik Potgieter



Volle naam en van Frederik Potgieter
Gebore 1724
Oorlede September 1785
Lewensduur 61 jaar
Kode a1b1c7
Vader Johannes Potgieter
Moeder Maria C van Eeden
Kinders

Stamboom
Verander profiel

Storie

Gedoop 11.6.1724. Begrawe in ?.9.1785(waarskynlik dood dieselfde jaar).

Die plaas Welgelen word in 1767 aan hom toegeken. Dit ly grensend aan die Kromme-rivier en omtrent 2 myl van die see in die teenswoordige humansdorp distrik. Net aan die ander sy van die rivier ly die plaas Goedegeloof (R.L.R.43 fol.54) wat ook an hom behoort het. Hy het eers op Goedegeloof geboer, maar aansoek om die plaas Welgelegen gedoen omdat dit aan die Suid-Weste kant van die rivier was en dus veel nader aan die inheemse bos-bome van die gebied tussen berg en see. Hy het hom ook toegely op die kap van bome en die saag van balke, wat dan per skip van St. Francis-baai na die Kaap vervoer is. Die plaas word teenswoordig Sandfontein genoem en die ou huis is in 1974 bewoon deur die weduwee Marais. Dit is 'n eenvoudige huis bestaande uit drie vertrekke langs mekaar n.l. 'n kombuims met vuurherd en skoorsteen, 'n klein vertrek. Dan 'n groter woonkamer met 'n deur en vesntar na die Oostekant. Die deur is van massiewe geelhout en die venster word met 'n plank-luik toegemaak. Die kombuis het ook net so 'n massiewe bo- en onderdeur wat ook na die Oostekant uitgaan. Altwee deure van die huis en al die vensters is aan die Oostekant. Ek het geen bewys dat c7 die huis self gebou het nie. Die hele gebou se voorkoms is een van ouderdom en is ooreenkomstig die boustyl van daardie tyd. Ek het die oudste inwonder van daardie omgewing, 'n vrou wat in daardie huisie gebore is gevra en sy het gesy daar is of was nooit 'n ouer huis in die hele omtrek nie.

Trou op 2.6.1748 met Eva Catharina Kriel (1727).

Hulle sewende kind was d7 Evert Frederik Potgieter(1760)

-Notas van H.J. Potgieter, opgestel Januarie 1977

Media

Media geassosieer met die persoon.