Harmen Potgieter



Volle naam en van Harmen Janzoon Potgieter
Gebore 1635
Oorlede OB
Lewensduur OB
Kode a1
Vader Herman Potgieter
Moeder Schwenne Lodden
Kinders

Stamboom
Verander profiel

Storie

Gebore Nordhorn omstreeks 1635.

Hy gaan na Nederland waar hy in diens tree by die V.O.C. as boukneg en word na die Kaap gestuur. Daar het hy in, of voor 1665 aangekom. Ergens tussen 1665 en 1685 het 'n vryburger geword en hom besig gehou met twee nerings. Die een was as boumeester en die ander as grofsmid. Dorpserwe is vanaf 1685 by die pasgestigte dorp, Stellenbosch uitgereik. Harmen J. Potgieter(a1) het besef dat by die nuwe dorp daar heelwat werk vir hom sal wees. Hy het daarheen verhuis. Daar het hy 'n stuk grond bekom wat gestrek het vanaf die huidige Dorpstraat tot aan die Eeerste-rivier. Daarop het hy vir hom 'n redelike groot woonhuis gebou.

Op 'n tekening van die dorp Stellenbosch gemaak deur E. van Staden in 1710, is die woonhuis en buitegebou van a1 duidelik te sien. Dit is 'n redelike groot huis met 'n hoë voor gewel en ook sygewels. As Potgieter nog in 1710 gelewe het sou hy 75 jaar oud gewees het.

Trou op 8.5.1672 met Isabella Frederiks van Amsterdam(die weduwee van Nikolaus Vectman). Hulle het 8 kinders gehad; twee seuns en ses dogters. Een van hulle kinders was b1 Johannes Potgieter(1674).


-Notas van H.J. Potgieter, opgestel Januarie 1977

Media

Media geassosieer met die persoon.