Evert Potgieter
Storie
Hy dra dieselfde naam as sy oorlede halwe broer e5f4g1 Evert Frederik Potgieter(1847), en is dus vernoem na sy grootvader e5 Evert Frederik Potgieter(1799). Gebore op Rietfontein en begrawe op Standdeel, waar hy gewoon het. Op latere leeftyd tree hy in die huwelik met sy jonger broer Abraham se weduwee. Sy is Margaretha Josephina Janse van Rensburg(1901), die dogter van Hendrik Jacobus Janse van Rensburg en Emmarentia Johanna Duminy. Hulle het gewoon op die plaas Wonderfontein tussen Heilbron en Reitz. Sy is gebore op 3.9.1901 in die konsentrasie kamp te Heilbron. Een van hulle kinders was h2 Magrietha Josephina Potgieter (1930)
Media
Media geassosieer met die persoon.
|