Evert Potgieter



Volle naam en van Evert Frederik Potgieter
Gebore 26 Maart 1847
Oorlede 14 Desember 1874
Lewensduur 27 jaar
Kode a1b1c7d7e5f4g1
Vader Johannes M 'Dik Martiens' Potgieter
Moeder Alida A van den Berg

Stamboom
Verander profiel

Storie

e5f4g1 was nooit getroud nie. Waarskynlik was hy sieklik, want op 9.4.1870 maak hy 'n Testament of "Uiterste-Wils Beschikking."
Daarin bemaak hy al sy besittings aan sy vader, "roerende sowel als onroerende goederen." Maar indien sy vader voor hom te sterwe kom dan is sy erfgename, sy een eie broer Johannes Marthinus Potgieter(1851) en sy twee halwe broers, n.l. Carel Pieter en Marthinus Johannes.

Die plek waar die testament geteken is, word aangegee as "District Kliprivier Oranje Vrystaat." Evert Frederik Potgieter(1847) is in 1870 of kort daarna oorlede want sy naam word in geen latere dokumente gevind nie. Hy is heelwaarskynlik in die plaas kerkhof begrawe, want soos sy testament meld was hy "inwonend by my vader." Sy graf is ongemerk sonder 'n steen. Waarskynlik is hy weggelę langers sy moeder wat in Januarie 1852 daar begrawe is. Sy moeder se graf het ook geen steen nie.

Media

Media geassosieer met die persoon.