Elsabé

Kode d
Kategorie Nie gespesifiseerd
Datum begin 1956
Datum einde Desember 1973
Oplaai na webwerf/publiek

Beskrywing

Elsabé se lewensverhaal van geboorte tot aan die einde van matriek.

Soek media binne hierdie album
Verander album
Verwyder

Dokumente

Kyk dokumente: Ikone | Grootfoto's | Lys

Dokumente 1 tot 50

Gaan na dokument #


Volgende 50
d1
 
Die mense by Elmarie was baie lief vir Elsabé. Hier sit Andries Fourie("Duif") met Elsabé.

d2
 
Johan Kriel in Elmarie se eetkamer.

d3
 
Elsabé voor Elmarie.

d4
 
Elsabé ry hek. In die agtergrond is Lina se huis.

d5
 
Elsabé in Tokkie se agterplaas. Sy het aan die anderkant van ons gewoon, Poortweg 17. Daar was 'n hekkie tussen ons erwe.

d6
 
Elsabé op 5 jaar met haar pop, Johanna.

d7
 
Agter: Gert, Casper, Magrietha, Hennie, Martiens en Tokkie. Middel: Gert en Lida Olivier, Max en Nel.
Voor: Evert Olivier, Marietha met Elsabé, Gert ('Babie') Olivier en Magrietha Labuschagne.

d8
Geneem: 1962
 
Elsabé se graad 1 klasfoto. Die onderwyseres was mev. Woest(al gehoor van "so bang soos die duiwel vir 'n slypsteen").

d9
 
Marietha voor Elmarie.

d10
Geneem: 1963
 
Elsabé se klas 2-foto. Haar onderwyseres was mev. Coetzer.

d11
 
Elsabé.

d12
Geneem: 1964
 
Elsabé se standerd 1-klasfoto. Haar onderwyseres was mej. Prinsloo(later mev. Barnard). Sy het later vir Herman in klas 1 skoolgehou.

d13
Geneem: 1965
 
Elsabé se standerd 2-klasfoto. Haar onderwyseres was mev. Günther.

d14
 
Ons het hierdie outjie altyd Patrys genoem omdat hy 'n onuitspreeklike Italiaanse naam gehad het(Patrice Bedronge).

d15
 
Elsabé by Ladysmith se skou met Hester en Kiewiet se rooi motor in die agtergrond.

d16
 
Marietha en Elsabé ploeg die lande op Standdeel.

d17
 
Hierdie armbande het ma Magrietha en pa Hennie vir Elsabé saamgebring van die Kaap af toe hulle Marietha universiteit toe geneem het.

d18
Geneem: 16 Junie 1966
 
Brief wat ouma Raatjie aan Elsabé geskrywe het toe sy in standerd 3 was.

d19
Geneem: 1966
 
Elsabé se standerd 3-klasfoto. Haar onderwyseres was mev. Munger. (dit was haar tweede juffrou van daardie jaar). Toe sy tien geword het(daardie jaar) het haar ouers vir haar 'n seëlring gegee maar sy was nog steeds opgewonde oor die "bubbles" wat sy altyd gekry het met verjaarsdae.

d20
Geneem: 1967
 
Elsabé se standerd 4-klasfoto. Haar onderwyseres was mej. Van Wyk. Sy het pampoentjies gekry aan die einde van die jaar. Elsabé het elke dag vir haar gaan kuier in die hoop dat sy sou aansteek maar dit het ongelukkig nie gebeur nie.

d21
 
Elsabé hou hulle eerste Siamese kat vas(sy naam was Keiser).

d22
Geneem: 1968
 
Elsabé se standerd 5-klasfoto. Links sit mnr. Potgieter en regs die skoolhoof mnr. Van Niekerk. Elsabé en mnr. Potgieter het op dieselfde dag verjaar(8ste Augustus) en hy was altyd besig om peppermente te eet.

d23
 
Marie en Ina Bester.

d24
 
Ina Bester.

d25
 
Hannes Bester.

d26
 
Gawie Bester.

d27
 
Elsabé agter die Ladysmith Kliprivier Junior koshuis.

d28
 
Ina Bester agter die koshuis.

d29
 
Elize, Lynette, Loretta, Miranda, Elsabé en Martie.

d30
 
Elsabé se standerd 5 hokkiefoto.

d31
 
Marietha voor Henk en Helena Potgieter se troue.

d32
 
'n Kwaaikalkoen op Standdeel.

d33
 
Elsabé by Cleopatra se kleintjies.

d34
 
Elsabé op haar eerste skooldag van standerd 6 op Standdeel.

d35
 
Elsabé op haar eerste skooldag van standerd 6 op Standdeel met Lassie.

d36
 
Marietha met haar gradedag voor ?.

d37
 
Elsabé by die reservoir op Standdeel.

d38
Geneem: 18 Augustus 1970
 
?

d39
Geneem: 1970
 
Elsabé se standerd 7 klasfoto. Haar onderwyseres was mej. Röthman (later Haweman).

d40
 
Dries, Elsabé se neef aan Hennie se kant.

d41
 
Dries.

d42
 
Marietha, pa Hennie, Johannes, Ina(sy dogter) en Andries.
Middel: André, Bettie, klein Dries.
Voor: Elsabé en Susan(Andries se dogter).

d43
 
De Wet Brandt(Hennie se niggie, Jane, se man).

d44
 
Troue van Adri van Zyl en Ina van den Berg. Strooijonker is André van den Berg.

d45
 
Hennie met Tiekie in Durban.

d46
 
Elsabé in die roostuin op Standdeel.

d47
 
Die swembad by Florisbad.

d48
Geneem: Desember 1971
 
'n Swaan in die Bloemfonteinse dieretuin.

d49
Geneem: Desember 1971
 
Ma Magrietha, pa Hennie en Elsabé by Maselspoort naby Bloemfontein.

d50
Geneem: Desember 1971
 
By die Willem Pretorius-wildreservaat. Die bobbejaan het by die motor se venster ingekyk.

Gaan na dokument #


Volgende 50

Vorige album in die databasis: #367/c Magrietha ou foto's #2 Volgende album in die databasis: #369/e Magrietha ou foto's #3