Magrietha ou foto's #1

Kode b
Kategorie Nie gespesifiseerd
Datum begin Nie gespesifiseerd
Datum einde Nie gespesifiseerd
Oplaai na webwerf/publiek

Beskrywing

Marietha het al haar ma se ou foto's in 3 dik albums groepeer. Hierdie is die eerste van die drie en bevat meestal foto's van Magrietha se familie.

Soek media binne hierdie album
Verander album
Verwyder

Dokumente

Kyk dokumente: Ikone | Grootfoto's | Lys

Dokumente 1 tot 50

Gaan na dokument #


Volgende 50
b1
 
Emmarentia Johanna Duminy. Sy is oorlede 'n paar maande voor haar 100ste verjaarsdag.

b2
 
Agter: Tienie van den Berg, Bragenza Johnson, Ouboetie van Rensburg (ouma Max se broer), Smittie Smit en Hendru van Rensburg. Middel: Raatjie van den Berg, Kotie , Emmie Fourie, Kleintjie Smit en Liefie van Rensburg. Voor: Renta van den Berg, Emmerentia Smit en Wilhelmina van Rensburg.

b3
 
Agter: Lida en Frans Bester, Daan en Baby Joubert, Smittie, Catharina (Daan Joubert se dogter) en Adriaan Smit. Middel: Susan Joubert(Daan se dogter), Max, Emmie, Kleintjie en Emmerentia(Kleintjie se dogter). Voor: Christoffel Bester(Lida Bester se seun).

b4
 
Agter: Bragenza Johnson, Tienie van den Berg, Smittie, Adriaan Smit, Miemie van Biljon(Liefie se suster), Hendru/Hennie, Ernst van Biljon en Ouboetie van Rensburg. Middel: Liefie, Raatjie, Emmie, Kleintjie en Kotie. Voor: Renta, Emmerentia en Wilhelmina.

b5
 
Agter: Tienie, Rencia(Jous & Anna Kemp se dogter) en Eben Helm(haar man), Smittie, Suzie (Hendru se 2de vrou), Emmerentia en George Norwie, Jan Nel, Jous en Anna Kemp, Bennie(hulle seun). Middel: Raatjie, Kleintjie, Hendru, Maxie en Kotie. Voor: Dalene en Adriaan Smit.

b6
 
Agter: Jan Nel, Daan Joubert, Maxie, Baby Joubert, Kleintjie en Smittie Smit, Raatjie en Tienie van den Berg, Lida en Frans Bester en Renta van den Berg (later De Winnaar). Middel: Ousus, Emmie, Kotie en Bragenza. Voor: Susan Joubert, Sophy Bester en Catharina Joubert.

b7
 
Benjamin Duminy en Ousus(suster van ouma Max) en hul oudste seun.

b8
 
Benjamin Duminy - Emmie se broer. Hy het op die plaas "Aangaan", distrik Petrus Steyn gewoon.

b9
 
Agter: Christiaan Smit (Smittie, Kleintjie se man) en Hennie Benade.
4de ry: seun onbekend, Lida van Rensburg(later Bester), Kleintjie, Miemie Benade (Liefie se suster).
3de ry: seun onbekend, Emmie, Ben van Rensburg en Baby (sy vrou) en Groenewald van Rensburg, Adriaan Cloete (Kotie se seun).
2de ry: Benjamin Duminy en sy vrou, Ousus.
Voor: Emmerentia (nou Norwie).

b10
 
Tobie Duminy(Emmie se broer) en sy 2e vrou.

b11
 
Bragenza Johnson se pa en sy 2de vrou. Haar naam was Emmie Duminy. Sy was Anna(Jous Kemp se vrou) se suster(en dogter van Ousus).

b12
 
Emmie en Hendrik van Rensburg. Die baba is Kleintjie. Die twee aan die regterkant is waarskynlik Ouboet en Ousus.

b13
 
Troue van Sannie("Sankie", Liefie se suster) en Koos van Biljon voor. Agter: troue van Ernst van Biljon en Miemie(Liefie se suster). Strooijonkers: agter links is Tienie van den Berg, regs is Ben van Rensburg en voor links is Hendru van Rensburg.

b14
 
Smittie en Kleintjie vertrek op hulle wittebrood.

b15
 
Agter: Kleintjie, Smittie, Hendru, Liefie.
Middel: Emmie.
Voor: Adriaan en Wilhelmina.

b16
 
Emmie se begrafnis op Nooitgedacht. Links: Kleintjie en Baby.

b17
 
Emmie se begrafnis op Nooitgedacht. Raatjie, Maxie, Kleintjie en Hendru.

b18
 
Emmie se begrafnis op Nooitgedacht.

b19
 
Emmie se begrafnis op Nooitgedacht.

b20
 
Ou Mabaso (in die kombuis op Standdeel gewerk), Magrietha, Renta, Lida Olivier, Tienie-hulle en Louw & Bettie le Roux aan Acton Homes se kant van die spruit by die drif net voor Standdeel se opstal. Vroëer jare is dit altyd "Evert se gat" genoem. As dit gereën het, kon jy Standdeel nie bereik voor die spruit afgeloop het nie.

b20a
 
Max het hierdie foto van "Evert se gat" vir een van haar susters gestuur. Sy het agterop geskryf: "Hier is het by die gat van skryding en smart en o soveel trane wat van ons almal al daar lê onvergeetlik. Dink aan my als jy die kiekie[foto] sien. Julle suster, M.P." Evert se gat is so genoem weens die baie probleme wat dit geskep het wanneer dit vol was na baie reën; die vol spruit het dit onmoontlik gemaak om na Evert se plaas toe deur te gaan.

b21
 
Evert, Maxie, Raatjie, Lida(later Leibrandt), Tienie en Tokkie. Voor: Renta en Magrietha van den Berg.

b22
 
Die kind is Groenewald. Lida Bester, Baby en Ben van Rensburg(Max se broer) op die plaas Rietfontein in die Heilbron-distrik waar Lida grootgeword het.

b23
 
Nuwejaar op Leigh Farm; die manne speel Jukskei op 'n plaas tussen Rietfontein en Cross Road Farms. Agter: Battie Fourie, Johannes Coetzee, Louw le Roux, Jan Potgieter, Evert. Krisjan Hare gooi en heel voor op die foto is mnr. Chain, 'n vriend van Bergville.

b24
 
g9 Abraham Hermanus Potgieter(1890). Tokkie se pa wat baie jonk dood is.

b25
 
Lida & Gert Olivier, Martiens & Tokkie Labuschagne en Hennie & Magrietha van den Berg. Voor: ma Max en pa Evert.

b26
 
Max en Evert op Standdeel by die Plymouth (1937) motor. ±1946

b28
 
Jan Potgieter en Marie se troue. Strooimeisie is Marie se suster Tois en strooijonker is Martin Bester. Laasgenoemde is later getroud. Jan Potgieter was 'n seun van Evert se broer, Hendrik.

b32
 
Oom Daan Joubert se troue met Baby. Sy was die weduwee van Ben van Rensburg(gebore Groenewald).

b33
 
Max by Evert se graf op Standdeel. Kyk die geelkoper blompot met blomme. ±1950

b34
 
Evert se graf op Standdeel.

b35
 
Max.

b36
 
Max in Lida Bester se tuin op Beaufort.

b37
 
Max en Raatjie(regs) by die melkkarretjie op Standdeel.

b39
 
Ma Max en Hennie van den Berg by Pa Evert se Plymouth. Hulle het teruggekeer vanaf Bulwer waar hulle vir Tokkie-hulle gaan kuier het.

b40
 
Max.

b41
 
Max kuier in Durban(Fynnlands) by Raatjie en Tienie.

b42
 
Elsabé en Max.

b43
 
Max op haar verjaarsdag by Poortweg.

b44
 
Max op stoep by Poortweg.

b45
 
Max op stoep by Poortweg.

b46
 
Max in Sitkamer by Poortweg.

b47
 
Max in eetkamer by Poortweg.

b48
 
Max in eetkamer by Poortweg. Dit is b47 in swart en wit voordat dit ingekleur is.

b49
 
Max.

b50
 
Links: Marietha van den Berg, Duif('n loseerder), Magrietha en Casper Labuschagne.
Voor: Evert en Gert(Babie) Olivier. Die foto is in Poortweg 15 se sitkamer geneem ± 1957.

b51
 
Jan Nel kuier by Max ± 1956.

b52
 
Max en Jan by Poortweg. Elsabé word deur Max vasgehou. Dit is dalk voor hulle troue. (1956)

b53
 
Jan Nel en Max op hulle troudag. (19 Jan 1957 ?)

b54
 
Jan Nel het hierdie klipstapel by Danskraal gebou. By 'n Geloftedagviering op 16 Desember het hy 'n krans gelê. Hier is hy en Max.

Gaan na dokument #


Volgende 50

Volgende album in die databasis: #367/c Magrietha ou foto's #2